Leef elke dag saam Jesus!
Wyse mense aanbid Jesus!
1. Dawid se die Here is sy rots. (Skuilplek) Ps. 18:3
- Is die Here jou rots by wie jy skuil in tye van nood of probeer jy om jou eie lewe uit te sorteer!
2. Dawid se en bely die Here is sy Herder. (Beskermer) Ps. 23
- Is die Here waarlik jou Herder op wie jy vertrou!
3. Dawid se in die more sal die Here sy stem hoor. (Bid) Ps. 5:3-4
- Vertrou jy die Here soos Dawid, deur gedurig tot God te bid!
4. Dawid se as die Here die huis nie bou nie, bou die wat daaraan bou tefergeefs. (Bybel Woord van God) Ps. 127
- Is jy besig om dit wat jy het saam met die Here volgens “Sy Woord” te bou jou geestelike lewe, huwelik, die manier hoe jy jou kinders grootmaak, jou finansies, jou gesondheid ens!
5. Dawid sing lof psalms en sing en loof die Here. (Dankbaar) Ps. 145:1-2
- Is jy dankbaar vir dit wat die Here vir jou gedoen het en nog gaan doen!
