Hoeksteen Gemeente

'n GEMEENTE VAN GOD


MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN


‘n Gemeente van God wat deel  vorm van die liggaam van Jesus Christus, wat die Hoeksteen van die kerk is op wie ons as gemeente moet bou, deur die leiding van die Heilige Gees wat God die Vader vir ons uitgestort het toe Jesus opgevaar het hemel toe om die mensdom te leer dat Jesus gevul was met die Heilige Gees om aan ons as mens die boodskap van verlossing te bring:

Luk 4:18  Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring. Hy het My gestuur om die wat verbryseld van hart is, te genees;

Luk 4:19  om aan gevangenes vrylating te verkondig en aan blindes herstel van gesig; om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur; om die aangename jaar van die Here aan te kondig.

En sodoende vir ons as Sy liggaam (die Kerk) te laat weet dat die Heilige Gees nou in ons wil woon om die evangelie van verlossing aan die mensdom te verkondig sodat ons as verlostes kan leef deur die kragtige werke van die Heilige Gees:

Eph 1:13  in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte,

Eph 1:14  wat die onderpand is van ons erfdeel om sy eiendom te verlos tot lof van sy heerlikheid.

Daardeur bewaar ons God se Woord en weet ons dat die Woord van God vir ons gegee is:

2Ti 3:16  Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid,

2Ti 3:17  sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.

So weet ons God wil hê dat ons Sy Woord moet bewaar sodat Hy Hom aan ons, Sy liggaam (Kerk), kan openbaar en in ons as liggaam (Kerk) wil kom woning maak.

Joh 14:21  Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar.

Joh 14:23  Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak.

 

Sake waarin ons as Hoeksteen Gemeente glo:

Wedergeboorte, Bekeering, Doop, Vulling met die Heilige Gees, Heiligmaking, Tiende betaal en seker maak dat jou lewe die vrugte van die Heilige Gees weerspieël: Liefde, Vreugde, Vrede, Goedhartigheid, Getrouheid, Geduld, Nederigheid, Selfbeheersing en Vriendelikheid.